In Halachah, wat in kort beteken: “The way one walks”, beskryf ek die gebeure van die periode wat begin het, nege maande nadat ek die eerste openbaring by die See van Galilea ontvang het.
Ek was toe in die proses om die eerste boek, Geheime van die hel ontbloot, te publiseer, terwyl die openbarings van Abba-Vader steeds voortgegaan het. Van ‘n bediening was daar toe nog geen sprake nie, maar min het ek geweet; dit is waaroor die opleiding sou gaan. Ade Yah Love moes gebore word.
Aanvanklik het ek nie verstaan nie, maar dit was eintlik ‘n wonderlike pad wat Vader verder met my begin loop het.
Kortliks wil ek dit so beskryf: Wanneer ons Hemelse Vader aan iemand ‘n spesifieke opdrag gee om uit te voer, sal Hy in Sy liefde en getrouheid so ‘n persoon eers ten volle voorberei, voordat Hy hom of haar uitstuur en sê:
“Gaan en doen wat Ek jou beveel.”
In Jeremia 1:17, kry ons die pragtige voorbeeld van hoe Vader die profeet Jeremia ten volle toegerus het vir die spesifieke opdrag; om as profeet vir nasies op te tree.
In Halachah, wil ek u saam met my op so ‘n reis van gehoorsaamheid en voorbereiding neem. Daar was tye dat ek werklik beangs was omdat ek so baie dinge nie kon verstaan nie en die inhoud van die openbarings soveel dieper was as voorheen; maar die liefde waarmee Vader my bemoedig het, het my telkens in sprakelose verwondering gelaat. Hy is altyd in beheer, wat Sy grote plan ookal mag wees.
INHOUD
Inleiding 9
1 Baba op ’n donkie 15
2 Die arend se nes 21
3 Die gloeiende kole 25
4 In die troonkamer 28
5 Die vuur van Heilige Gees 32
6 Liefdesdans 35
7 Profeet-engel 38
8 Kolom van lig 43
9 Die nuwe mantel 46
10 Profetiese woord 50
11 Ark van die verbond 54
12 Yahuwah leef 57
13 Die koperblaker 61
14 Mandaat en outoriteit 66
15 Die goue troon 70
16 Die tyd loop uit 72
17 Geur van die koninkryk 76
18 Sê vir my kinders 80
19 Armageddon en die sleutel 83
20 My gesondheid 87
21 Twee kruise smelt saam 89
22 Agter die sluier 92
23 Die hofsaal 95
24 Die druppel bloed 101
25 Die pêrel-paleis 104
26 Die goue arend 109
27 Die skatkamer 112
28 Uurglas 117
29 Gesuiwer 121
30 Tuin van vertroue 124
31 Honderde wit duiwe 127
32 Beskerm in die donkerte 129
33 Hemelse koor 134
34 My nuwe kantoor 137
35 Vader se tye 143
36 Huis toe 146
37 Gees van wysheid 149
38 See van glas 153
39 Vryheid 157
40 Waarskuwing 161
41 Pad van liefde 164
42 Die baba 167
43 Noodroep 171
44 Meer van goud 174
45 Die sleutel van vryheid 178
46 Gehoorsaamheid 182
47 Vuurpyl 184
48 Leeu van Judah 187
49 Nuwe spelpatroon 190
50 Kinderdae 193
51 Stad van geloof 195
52 Skud die boom 198
53 Hou aan my vas 202
54 Die tyd het aangebreek 204
55 Die tallit (gebedsdoek) 206
56 Dit is voltooi 210
57 Die Abraham-salwing 212
58 Opneem van die staf 218
59 Dieper salwing 220
60 Spiraaltrap 224
61 Die sleutel 227
62 Kring van vuur 230
63 Sit in hemelse plekke 233
64 Die belofte 235
65 Bloedmane 240
66 Die tou 244
67 Tamarisk-verbond 248
68 Klanke vanuit die hart 250
69 Fontein van deursigtigheid 257
70 Moses se bos 261
71 Die boekrolle 264
72 Slot 270