Hierdie boek is ‘n moet lees vir die Christen op die markplein. Om net op die markplein te oorleef is vir baie mense ‘n alledaagse belewenis. Om ‘n oorwinnaar te wees en suksesvol te wees is oenskynlik nie vir baie mense beskore nie. In hierdie boek word jy stap vir stap begelei oor hoe om suksesvol te wees op die markplein.
Stap1 berduidelik Geestelike onderskeiding. Verstaan wat jou skeppingsdoel is en weet waarvoor jy geroep is. Leer hoe om vreesloos op die markplein handel te dryf met die wete dat jy nie alleen is nie.
Gawe 2 is onderskeiding om met geopende oe te kyk na wat om jou aangaan sodat jy effektief kan onderskei en nie net vanuit menslike orientasie te kyk na wat aangaan nie.
Gawe 3 is om wyshied en goeie oordeel te he en te leer hoe om goeie besluite te neem.
Gawe 4 praat van aanneming en om te weet wie jy is en te wandel in n nuwe en effektiewe waardestelsel.
Gawe 5 Vrede en voorsiening om te leef in vrede en jou voorsiening van God te ontvang.
Gawe 6 is jou rol as ‘n koning. Hoe om ‘ Goddelike leier op die markplein te wees.
Gawe 7 spreek van paraatheid. Om altyd gereed te wees en om deur die Heilige Gees gelei te word.