Hierdie boek is vir mense wat drome droom, visioene sien en soek na die verskuilde boodskappe wat YHWH aan hulle openbaar. Dit is gebaseer op die interpretasie van droom simbole vanuit ‘n Bybelse en Ruach konteks. Die boek is ‘n ideale werktuig om veral mense wat betrokke is in profetiese bedienings, te help om te verstaan watter aspekte die Ruach beklemtoon.
Dit is ook vir geestelik sensitiewe mense met profetiese gawes. Dit kan ook help om die waarskuwings, beloftes en openbarings en YHWH se geheimenisse wat Hy openbaar deur simbole, allegorie en beeldspraak te verstaan.
Net soos die profete van ouds kan jy ook verstaan wat YHWH aan jou sê. Die klem bly egter op ‘n Geesgevulde verhouding met Yeshua, en met die wete dat die antwoord op elke vraag in die Bybel (Woord van YHWH) gevind kan word en dat jy net moet toelaat dat die Ruach jou daarin begelei (Ps 25:14)